Nikos Gemeente vier hul 10de gemeente kamp in 2021!!
Die amptelike kamp datum vir die volgende Nikos gemeente kamp 2021 sal nog afgekondig word.
Sommige gaan egter ekstra dae en almal is welkom om dit saam met ons te doen met addisionele kostes soos op die koste lys uiteengesit (sal nog deurgegee word).
NEEM KENNIS DAT HIERDIE ‘N GEESTELIKE KAMP IS Hierdie is jou kans om van al die laste, seer en negatiewe van die verlede ontslae te raak en as 'n vry, positief en nuwe mens na Pretoria terug te keer. In die lig hiervan is ons kamp tema: "EK GLO". Begin sommer nou al te bid dat die Here Sy doel met jou en al die ander sal bereik. Daar is reeds 9 jaar se wonderlike getuienisse oor wat die kamp vir baie beteken het.
Die kostes sal nog deurgegee word.
Skakel Alet vir enige navrae
U kan u eie vervoerkostes uitwerk.
Graskop is 390km vanaf Pretoria. Ons gaan verder ongeveer 200km daar rondry. Tolgelde beloop tussen R250 tot R300 retoer afhangende die roete wat jy verkies. Ons gaan egter poog om daar van saamry geleenthede te gebruik.Etes is by die kampgelde ingesluit.
Kos word gemaak in 'n netjiese en wel toegeruste ARMY kombuis. Spanne sal opgemaak word om die kos voor te berei. Die wat die ekstra dae saam met ons gaan oorbly, sal saam braai (Elkeen kan sy eie vleis vir die aand by SPAR aankoop).
Versnapering en ander benodighede kan aangekoop word by SPAR, USave, PEP, Ackermans in die dorp (4 km. vanaf kampterrein).
Ons stop elke oggend by SPAR.
Ouer volwassenes en veral volwassenes met klein kinders word in kamers in huise ingedeel. Idien die huise vol is word die oorblywende volwassenes saam met ons (Pastore Willem & Alet) in enkel kwartiere (eie kamers) met gesaamentlike badkamers ingedeel - Tieners en Jeug slaap in Bungalows - Klein kinders mag by hul ouers in hulle kamers slaap.
Almal ry met eie voertuie. Gewoonlik laat mense met bakkies toe dat die groter kinders agter op die bakkies saam ry. Volwassenes kan dan ook, as hulle wil en indien daar plek in hulle voertuie is met mekaar afspreek om saam na die verskillende plekke te ry. Indien u verkies om allen in u eie voertuig te ry is u welkom. Alle plekke met die uitsondering van 2 is toeganklik met gewone motors. Vir daardie 2 plekke maak ons egter plan om saam te ry
('n Meer vollediger lys sal gegee word aan die wat registreer).
Indien u iets by die huis vergeet het, kan dit in Graskop en Sabie gekoop word.
KOSTES KAN VERANDER
Volwasse
April 2021
N/A
+ Additionele Aand (Maandag)
N/A
Hoërskool Kind
April 2021
N/A
+ Additionele Aand (Maandag)
N/A
Laerskool Kind
April 2021
N/A
+ Additionele Aand (Maandag)
N/A
Kleintjies
April 2021
N/A
+ Additionele Aand (Maandag)
R 0.00
Vir enige navrae email nikosend@gmail.com
Capitec Wonderpark
Takkode: 470010
Rekening nommer: 1202542407
Spaar rekening
Verwysing: U van - Kampgeld