Conradt Engelbrecht

Follow on Facebook
Die Evangelie van Christus - Deel 3
March 12 at 9:57am
"Artikel uit die reeks 'Verstaan die Bybel' geskryf deur Conradt Engelbrecht

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie,
want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo,
eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Rom 1:16).

Paulus het hom nie vir die evangelie van Christus geskaam nie omdat dit so kragtig is dat dit enigiemand kan red,
van Jode wat hulle Messias gekruisig het tot heidene wat afgode aanbid.

Die evangelie van Christus, wat Paulus 2 000 jaar gelede begin verkondig het,
het sedertdien miljoene sondaars in hierdie bedeling gered.
Geen wonder nie. Dit is die evangelie wat Paulus persoonlik by Jesus Christus ontvang het:

“Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus” (Gal 1:11-12).

Die evangelie van Christus het ongelowige Jode wat hulle Messias verwerp en gekruisig het gered
én heidene wat nie vroeër God se woord (die OT Skrifte) gehad het nie en afgode aanbid het.
Dit het die sondaar, Saulus van Tarsus (die apostel Paulus was ‘n ongeredde Jood) gered én dit het my en jou,
wat uit die heidennasies kom, gered.

Ongelowige Jode kon nie ná Handelinge hoofstuk 9 ingevolge die profetiese program van Israel gered word nie,
want hulle het teen die Heilige Gees gelaster toe hulle die Geesgevulde bedienings
van die apostels en profete van Israel in die eerste sewe hoofstukke van Handelinge verwerp het (Matt 12:31-32).
Hulle kon egter wel in die bedeling van genade gered word ...
in die verborgenheidsprogram wat God ingestel het.

Die evangelie van genade is die evangelie “dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor 15:1-4).
Dit bied redding aan alle mense.
Geloof in die kruisverdienste en opstanding van Christus is die enigste evangelie wat geldig is in die bedeling van genade.

Dit is die evangelie wat Jode en heidene in “een nuwe mens” in die liggaam van Christus verenig (Ef 2:15).