Conradt Engelbrecht

Follow on Facebook
Verstaan Die Bybel - Deel 2
May 14 at 4:08pm
"Artikel uit die reeks 'Verstaan die Bybel' geskryf deur Conradt Engelbrecht

My advies aan mense is: Wanneer jy die Bybel lees,
let altyd op aan wie is die gedeelte geskryf wat jy lees.
Kyk na die adres op die koevert.
Alle gedeeltes in die Bybel is nie vir die heidennasies (ons) geskryf nie.

Sommige gedeeltes in die Bybel was opdragte wat aan spesifieke mense gegee is om na te kom.
Daar is beloftes in die Bybel wat slegs van toepassing is op sekere mense.
Ons kan dit nie vir ons neem nie.
Dis soos om jou buurman se pos uit sy posbus te haal en voor te gee dit is aan jou geadresseer.

‘n Voorbeeld hiervan kry ons in Genesis 6 waar God vir Noag opdrag gee om die ark te bou.
Ek kan nie nou ‘n ark in my agterplaas bou omdat God vir Noag so ‘n opdrag gegee het nie.
Ek kan wel ‘n geestelike les leer uit Noag se gehoorsaamheid aan God.

Net so hoef ek nie vandag die wet na te kom omdat Jesus vir sy volgelinge geleer het om die wet stiptelik te gehoorsaam nie (Mat 23:1-3).
Die adres op daardie koevert was Israel se adres in die vorige dispensasie van die wet,
nie die adres van die heidennasies (liggaam van Christus) in die dispensasie van die genade van God nie.
Jesus het na die aarde toe gekom vir die verlore skape van die huis van Israel,
nie vir die heidennasies nie (Mat 15:24).
Sy boodskap tydens sy aardse bediening was daarom hoofsaaklik gerig aan Israel. 

Verstaan die Bybel - Deel 1

Verstaan die Bybel - Deel 3