Willem Franck

Follow on Facebook
Reg Sny (Rightly Dividing) - Deel 1
26 May 2017 at 05:40pm

"Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie,
wat die woord van die waarheid reg sny" (2 Tim 2:15).

"Study to shew thyself approved unto God, a workman that needeth not to be ashamed,
rightly dividing the word of truth" (2 Ti 2:15).

Predikers gebruik hierdie Skrif om te leer dat gelowiges moet onderskei tussen die waarheid en die leuen.
Alhoewel dit 'n algemene siening onder predikers is,
is dit nie wat ons Skrifgedeelte sê of bedoel nie.
As gevolg van hulle onkunde mis baie gelowiges die Godgegewe opdrag en sleutel oor hoe Bybelstudie behoort gedoen te word.

Lees weer die bogenoemde Skrifgedeelte en let op wat 'reg gesny' moet word.
Daar staan nie dat ons die leuen van die waarheid moet onderskei nie,
maar om die 'waarheid' te onderskei.

Met ander woorde, dis om waarheid van waarheid, of waarhede van mekaar te onderskei.
Alles in die Woord van God is die waarheid,
maar die waarhede verskil van mekaar omdat dit vir verskillende mense in verskillende tye geskryf is.

Ons mag hierdie waarhede nie met mekaar vermeng soos die meeste dit wel doen nie
want dan sal ons God se Woord oneer aan doen.
Daar sal oneindige weersprekings, botsende opdragte en beloftes wees.
Aan die een kant sal dit sekere mense moedeloos maak omdat dinge nie sal gebeur
soos hulle dit in die Woord lees of in preke hoor nie,
en aan die anderkant sal dit teenstanders van God onnodige kragtige wapens gee om twyfel te saai,
God in onguns by die mens te bring en om die Goddelike inspirasie van die Skrif te bevraagteken.