Willem Franck

Follow on Facebook
Reg Sny (Rightly Dividing) - Deel 2
27 May 2017 at 08:42am

"Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie,
wat die woord van die waarheid reg sny" (2 Tim 2:15).

"Study to shew thyself approved unto God, a workman that needeth not to be ashamed,
rightly dividing the word of truth" (2 Ti 2:15).

Die Bybel is die onvervalste Woord van God.
Dit is deur God geïnspireer en daarom is dit nuttig tot lering,
tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid sodat elke kind van God ten volle toegerus kan wees vir dienswerk (2 Tim 3:16).

Maar die hele Skrif sal alleen nuttig wees as ons dit gebruik volgens voorskrif wat God ons gegee het.
Sou ons Sy voorskrif nalaat sal die hele Skrif nie meer nuttig wees nie en sal ons ook nie kan sê ons verkondig die onvervalste Woord van God nie.

>

Kom ons kyk na die voorskrif.

Ons Skrifgedeeltes sê ons moet die Skrif 'reg sny'.
Die term 'Reg sny' (Rightly dividing) beteken om 'n 'reguit snit' (straight cut) te maak om te verdeel (rightly dividing).
Dit is soos om 'n koek te verdeel.
Die hele Skrif is VIR almal geskryf om daaruit te leer, maar dis nie AAN almal geskryf om alles te gehoorsaam en te onderhou nie.
Dis vir verskillende mense in verskillende dispensasies geskryf.

'Reg sny' (Rightly Dividing) is om onderskeid te tref tussen wat vir wie geskryf is.
Maw, wat is gesê, aan wie is dit gesê en wanneer is dit gesê.

As 'reg sny' nagelaat word sal alles dood eenvoudig vermeng soos in 'n tipe geestelike "blender" en sodoende sal daar 'n mengelmoes evangelie verkondig word.