Willem Franck

Follow on Facebook
Reg Sny (Rightly Dividing) - Deel 9
30 May 2017 at 06:48pm

"Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie,
wat die woord van die waarheid reg sny" (2 Tim 2:15).

Jy kan nie die wet van die Ou Testament, die koninkryk evangelie van Johannes,
Jesus en die 12 koninkryk apostels van Israel met die genade evangelie van die apostel Paulus vergelyk nie.
Daar sal hopeloos te veel weersprekings wees.
Om die Woord van die waarheid 'reg te sny' is om te doen presies wat dit vir ons sê om te doen
en dit is om Israel se koninkryk evangelie en die liggaam van Christus se genade evangelie van mekaar te skei sodat daar harmonie kan wees.
Hoekom moet ons dit skei?

Die rede is omdat die een program Israel se profetiese program is en die ander die kerk as die liggaam van Christus se verborgenheid program.
Israel se program is gestop terwyl die liggaam van Christus se genade program huidiglik van toepassing is.

Israel se profetiese program is tydelik geonderbreek toe God Israel met blindheid geslaan het
en 'n nuwe dispensasie, die dispensasie van die genade van God in werking gestel het.

'Reg sny / rightly dividing' skei hierdie twee programme van mekaar omdat dit grootliks van mekaar verskil.
Daarom sal dit 'n groot fout wees as ons maak soos die meeste mense maak,
en dit is om hierdie twee programme saam te vat en in 'n soort 'geestelike menger' te gooi sodat dit maklik afgesluk kan word.
So mengelmoes evangelie sal 'n goor maag veroorsaak
en indien jy reeds 'n goor maag het is 'reg sny / rightly dividing' die enigste medisyne daarvoor.