Willem Franck

Follow on Facebook
Is Genade n Vrypad (Lisensie) om te Sondig?- Deel 5
26 June 2017 at 09:00am

Genade gee niemand 'n vrypas (lisensie) om te sondig nie.
Al kry ons genade verniet is dit nie goedkoop nie.
Die prys wat dit God gekos het om dit verniet te kon gee was net te duur.

Ongelukkig glo die godsdienstiges dat die wet alleen in staat is om die mens se sondige neigings in toom te hou.

Aan die anderkant is daar die moedswilliges wat hulle self oorgegee het aan hulle sondige begeertes
omdat hulle glo genade gee hulle 'n vrypas om te sondig.

Beide glo 'genade' en 'vryheid van wet' lei daartoe dat gelowiges steeds in sonde kan voort lewe
omdat genade 'n soort "Get Out Of Jail Free" kaart is.

Omdat beide 'genade' ken as 'n leerstelling en nie 'n Persoon nie probeer die godsdienstiges die vlees met sy sondige begeertes te bind met koorde van die wet,
terwyl die moedswilliges glo dat genade die ou mens van sonde los om vry rond te hardloop.

Die waarheid is egter dat die wet nie instaat is die sonde te bind nie,
en dat genade ook nooit enige sonde sal regverdig nie.

Genade beteken baie meer as net vergifnis van sonde.
Dit leer dat ons in Christus doodgemaak is vir die sonde en in Christus lewend gemaak is vir geregtigheid.
Daarom dan dat die gelowige niks meer met sonde te doen het nie.

Vergifnis in die dispensasie van die genade van God beteken dat God vir eens en altyd die sonde probleem afgehandel het.
Dus is die sonde probleem vir die gelowige vir ewig en altyd verby.
God sal nooit enige rekord van ons sonde teen ons hou nie,
nie nou nie en ook nie enige ander tyd in die toekoms nie (Heb. 8:12).
Indien ons sonde steeds 'n probleem was, was ons almal vandag verlore want wie is sonder sonde?

Die godsdienstiges kan maar probeer om volgens die wet te leef,
of om 'n wonderlike sondelose lewe te probeer lei.
Die saad daarvan is misluk en teleurstelling.

Lewe liewer in genade - die saad daarvan is vryheid en vrede,
nie mislukking nie want jou mislukking is immers aan die kruis vasgenael!

>> Deel 6