Willem Franck

Follow on Facebook
Is Genade n Vrypad (Lisensie) om te Sondig?- Deel 7
30 June 2017 at 06:44pm

Genade gee niemand 'n vrypas (lisensie) om te sondig nie.
Genade is juis die krag van God aan ons om nié te sondig nie. Baie sal seker vra: "Hoe kan genade 'n krag wees om nie te sondig nie?"

Kom ons kyk na 'n eenvoudige voorbeeld wat ek al in my preke gebruik het:

Veronderstel jy neem jou kind dokter toe omdat hy skielik ernstig siek geword het.
Na verskeie toetse gee die dokter vir jou die nuus wat jou tot in jou diepste wese skok - jou kind het skaars een week oor om te leef.

Gebroke vra jy hom of daar nie 'n uitweg is nie, waarop hy antwoord dat daar wel is,
maar daardie spesifieke operasie jou ongeveer R20 miljoen sal kos.

Jy het nie 'n mediese fonds nie en al sou jy een gehad het sou hulle nooit so 'n aardige bedrag goedkeur nie.
Jy sal ook nooit soveel geld bymekaar kan maak nie.
Nadat jy die dokter daaroor ingelig het, het hy jou jammerlik meegedeel om maar afskeid te neem.
Terwyl jy en jou geliefde verbyster en gebroke mekaar in die wagkamer vashou
en ween klop 'n onbekende persoon jou aan die skouer en deel jou mee dat julle nie meer bekommerd hoef te wees nie, hy sal die operasie betaal.

Hoe sal jy teenoor daardie persoon voel, meneer en mevrou?

Sal jy hom nie van blydskap omhels terwyl die warm trane van vreugde oor jou wange rol en jy nie kan ophou om hom te bedank nie?

Sal jou dankbaarheid nie so groot wees dat jy met die grootste deernis, agting, respek en liefde na daardie persoon kyk nie?

Sal sy genadige liefdes daad nie jou hele lewe verander en van jou 'n nuwe mens maak nie?

EK GLO DIT SAL !

Nou dis presies wat God gedoen het !!!

Jy kon nie vir jou, jou geliefde, of jou kinders se sonde betaal het nie.
Daar was geen uitweg of hoop nie.
Die ewige dood was julle voorland. Die prys om te betaal was hopeloos te groot.

En toe hoor jy dat God jou so lief gehad het dat Hy uit Sy grote genade reeds 2000 jaar gelede die volle prys vir julle sonde betaal het.

HOE LAAT DIT JOU VOEL MENEER EN MEVROU? ???

Behoort jy nie ook teenoor God te voel soos jy teenoor daardie vreemdeling sou gevoel het nie ?

Behoort jou dankbaarheid nie ook so groot te wees dat jy ook met die grootste agting,
respek en liefde na Hom sal kyk wat Sy lewe vir jou en jou geliefdes gegee het nie?

Behoort Sy genadige liefdes daad nie jou hele lewe te verander en van jou 'n nuwe skepsel te maak nie?

Behoort jy nie ook toe te laat dat dankbaarheid jou hele lewe beinvloed sodat jy ook nie anders WÍL as om nie te WÍL sondig nie?

Dit, meneer en mevrou is die krag van genade.
'n Krag wat my lewe so beinvloed het dat ek nie anders kan as om NIE TE WIL SONDIG NIE !

>> Deel 8