Willem Franck

Follow on Facebook
Is Genade n Vrypad (Lisensie) om te Sondig?- Deel 8
02 Julie 2017 at 03:58pm

Die godsdienstiges het nie 'n probleem met genade opsigself nie.
Hulle argument is teen die gawe van regverdigmaking want vir hulle klink dit net te maklik en te goed om waar te wees.
Hulle vra: "Hoe kan dit wees dat 'n heilige God wat sonde haat nie omgee oor sonde nie".

Die waarheid is dat ons nooit gesê het God gee nie om oor sonde nie.
Omdat hulle genade nie verstaan nie is dit hulle gevolgtrekking van wat genade beteken.
Die probleem is dat hierdie godsdienstiges genade net ken as 'n leerstelling en nie as 'n Persoon nie.
Hulle besef nie dat die wet net die sonde kan uitlig en dat genade juis God se antwoord daarvoor is nie.
Genade beteken prontuit 'onverdiende guns'.
Niemand kan dit dus verdien nie en daarom moes God dit vrylik gee.
Wanneer 'n drenkeling in die water is het hy niks om aan te bied sodat 'n reddingsboei na hom gegooi kan word nie.
Dit kan slegs genadiglik gegee word en so kan dit ook net soos 'n geskenk ontvang word.

Genade is God se reddingsboei.
Ons almal is op 'n skip wat besig is om te sink.
Noodsyne word uitgestuur en toe die reddingsbote opdaag was ons almal reeds in die water. Hulpkrete word van oral gehoor.
Daar is 'n gespartel en chaos en soos elkeen maar op sy eie manier probeer om kop bo water te hou.
Van hulle druk selfs ander onder die water net om bo te bly.
Vanaf die reddingsbote word reddingsboeie (genade) uitgegooi na die drenkelinge.
Sommige gryp die geleentheid aan terwyl ander uit eie krag baklei om kop bo water te probeer hou.
Hulle hang aan alles rondom hulle wat ook in die water beland het.
Hulle het nie die geloof om te los om die reddingsboei aan te gryp nie.

Die wat 'n reddingsboei aangryp word van 'n gewisse watergraf gered.
Die wat dit verwerp vergaan is die malende water massa.

Jesus is die weg, die waarheid en die lewe.
Niemand gaan na die Vader behalwe deur Hom nie.
Hy is die smal weg, die deur en God se voorsiening vir 'n verloorgaande wêreld.
Hy is die Redder en die Een wat reddingsboeie van genade uitgooi.
Niemand verdien dit nie.

Wat op daardie boot gebeur het was gruwelik.
Na ware moes Hy ons in die water gelos het om te verdrink.
Hy kon selfs slange uitgegooi het of die haaie bymekaar geroep het.
Hy was gereed om Sy wraak en oordele uit te stort.
In plaas daarvan stort Hy sy genade uit:

"Want uit genade (onverdiende guns) is julle gered, deur die geloof (in die dood,
begrafnis en opstanding van Jesus Christus), en dit nie uit julleself nie
(geen menslike poging om God te help nie): dit is die gawe (vrye geskenk) van God;
nie uit die werke (nakom van die wet, goeie werke of mooi skoon lewenswyse) nie,
sodat niemand mag roem (oor homself spog) nie" (Efes 2:8-9).

>> Deel 9