Berea Bybel Instituut bied ‘n drie jaar pastorale diploma kursus aan.
Die Berea Bybelkursus is 'n dispensasionele Bybelkursus waar die Woord reg gesny (verdeel) word soos God elke gelowige in sy Woord beveel om te doen (2 Tim. 2:15).
In hierdie kursus sal jy leer om te "sny" (verdeel/onderskeid maak) tussen Israel en die liggaam van Christus,
dispensasie van die wet en die dispensasie van genade, Israel se profetiese program (Hand. 3:18)
en die liggaam van Christus se verborgenheid program (Rom. 16:25-26; Ef. 1:9; 3:1-10; Kol. 1:24-27; 1 Kor. 2:6-8),
die koninkryk evangelie aan Israel en die evangelie van die genade van God aan die liggaam van Christus.
Hierdie evangelie van die genade van God bestaan uit die 13 briewe van die apostel Paulus wat ook die enigste evangelie is
wat van toepassing is in die dispensasie waarin ons vandag leef.
Die Berea Bybelkursus is 'n aanlyn kursus waar studente in staat moet wees om werksopdragte en toetse aanlyn af te lê
en daarom sal hulle oor ‘n e-pos adres moet beskik.
Die koste vir die eerste jaar is R150-00 per maand x 12 = R1800-00 per jaar.
Berea Bybel Instituut is daartoe verbind om gelowiges te leer om die Woord van die waarheid reg te sny (2 Tim 2:15),
die verkondiging van Jesus Christus ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg was,
maar nou geopenbaar is (Rom. 1:25-26),
en om vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God (Ef 3:9).
Die eerstejaar leerplan bestaan uit die volgende modules:
Voornemende eerstejaar studente word versoek om Conradt Engelbreght te kontak:
bereabybelinstituut@outlook.com
www.facebook.com/bereabybelinstituut