Beradings

Ons spesialiseer in verskillende vorme van beradings: Huwelikvoorligting, Huwelikberading, dwelms, drank misbruik, trauma, ens.
Indien ons U nie kan help nie kan ons U voorstel aan profesionele Unisa gekwalifiseerde beraders en Sielkundiges.

Skakel Alet by 076 6279 286 vir meer inligting en 'n afspraak.


Huwelik Bevestigings

Ons doen huwelikbevestigings ALLEENLIK binne die raamwerk soos God dit in Sy Woord ingestel het.
Ons bied ook Huweliksvoorligting kursusse aan voornemende paartjies wat verryk wil word voor hulle die huwelik betree,
asook huweliksberading indien dinge in die huwelik of verhouding begin verkeerd loop.
Ons kerkgbou (groot lapa vir ongeveer 120 gaste) is geleë in die Noorde van Pretoria en is baie ideal as kapel vir huwelike,
maar ons doen ook huwelikbevestigings by enige "venue" in, rondom en selfs buite Pretoria.
Ons weet dit is die droom van enige voornemende paartjie dat hulle troudag die mees onvergeetlike dag van hulle lewe sal wees en daarom is dit ook ons voorreg om die huwelikbevestiging vir U spesiaal, besonders en persoonlik te maak.

Skakel Alet by 076 6279 286 vir meer inligting en 'n afspraak.


Begrafnisdiens

Ons hanteer ook begrafnis en verassingsdienste, selfs al was U geliefde nie een van ons kerklidmate nie, of selfs nie eers 'n kerk gehad nie.
Ons sal U help met die reëlings by die kerk, die begrafplaas en kan U selfs tot hulp wees met die verkryging van 'n eerbare begrafnisonderneming.
Ons besef dat familie en vriende die begrafnis van 'n geliefde baie spesiaal wil maak en daarom is dit ook ons voorreg om U tot diens te wees om hierdie hartseer geleentheid juis spesiaal en besonders te maak.

Skakel Alet by 076 6279 286 vir meer inligting en 'n afspraak.


Bybelkollege

Aanlyn Pastorale Bybelkursus.

Berea Bybel Instituut bied ‘n drie jaar pastorale diploma kursus aan.
Dit is 'n aanlyn kursus waar studente in staat moet wees om werksopdragte en toetse aanlyn af te lê en daarom sal hulle oor ‘n e-pos adres moet beskik.
Die koste vir die eerste jaar is R150-00 per maand x 12 = R1800-00 per jaar.
Voornemende eerstejaar studente word versoek om my te kontak: bereabybelinstituut@outlook.com
Berea Bybel Instituut is daartoe verbind om gelowiges te leer om die woord van die waarheid reg te sny (2 Tim 2:15)
en om vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God (Ef 3:9).
https://www.facebook.com/bereabybelinstituut